WELKOM BY SA KALK EN GIPS (EDMS) BPK.

SA Kalk en Gips het begin 2003 as n nuweling tot die Suid- Afrikaanse landboukalk- en landbougipsbedryf toegetree, om veral die verbruik van Kalsium en Magnesium voedingselemente op nasionale vlak te stimuleer, met die wete dat suurgronde onproduktief is en dat maksimale gewasopbrengste in Suid-Afrika slegs haalbaar is met oordeelkundige bekalking.

SA Kalk en Gips is op 15 Oktober 2003 deur Carl Taljaard en Hendrik Heyl gestig en het sedertdien gevorder tot die grootste en enigste nasionale landboukalk - en landbougips verskaffer in Suid-Afrika. Die uniekheid van SA Kalk en Gips lê daarin, dat met meer as 40 jaar ondervinding in die bedryf, daar saam met getroue en lojale werknemers altyd 'n wil is om wenners te wees. SA Kalk en Gips se strategie van nasionalisering onderskei hom wesenlik van sy Suid-Afrikaanse mededingers. Met sy wye reeks van produkte en strategies geleë bronne is SA Kalk en Gips uitstekend geposisioneer om die beste kwaliteit kalk - en gips produkte aan gewasprodusente in al nege provinsies van Suid-Afrika, asook ons buurstate, te verskaf. Die aktiwiteite by SA Kalk en Gips het ook uitgebrei tot n groot verskeidenheid van kalkverwante produkte wat bemark word aan verskeie industrieë buite die landbou.

SA Kalk en Gips is verskaf die volgende produkte: Dolomitiese Landboukalk, Kalsitiese Landboukalk, Mikrofyn Kalke, Ongebluste Kalke, Gebluste Kalke, Industriële Kalke, Veevoerkalk, Padboukalk, Watersuiweringskalk, Fosforgips en Natuurlike Gips.

DANKBETUIGINGS AAN SA KALK & GIPS

“Julle passie vir jul besigheid is opmerklik…met julle behulpsaamheid maak julle nie net my werk makliker nie, maar maak julle my besigheid ook sterker”

 Jaco de Wet, Sonskynkunsmis (SAKG Top Nasionale Bemarker 2010)

“Julle filosofie en dryfkrag skyn soos ʼn goue draad deur julle personeel”

 André Britz, Bestuurder Produkontwikkeling, Profert

“Die professionele wyse waarop die span werk is voorwaar puik” Ben Jacobs, Bemarker Profert

“Julle vriendelikheid staan uit bokant alle maatskappye waarmee ek al te doen gehad het” Charus Du Plessis, Ocean Agri Landboukundige

“Julle is ‘n maatskappy wat ‘n suksesresep koester, uitleef en ‘n voorbeeld stel vir baie ander! “ Ben Krog Nasionale Besigheidsontwikkelingsbestuurder, Profert